Grootword-kos is huiskos en ons almal weet... huiskos is lekker. Niks klop ma se kos nie! Hiermee die malva poeding waarmee ek groot geword het. Tradisioneel het hierdie poeding 'n koppie suiker in beide die koek gedeelte, sowel as die sous wat jy bo-oor giet, so om te improviseer, vir 'n effens gesonder weergawe sit ek soms net 'n halwe koppie suiker in die koek en 'n halwe koppie in die sous, afhangende van hoe ek op die dag voel. Vir die metode sien die video. Hier onder vold die bestandele (inkopie lys):
Poeding bestandele:
15ml botter
125ml suiker (tradisioneel 250ml)
1 Eier
250ml koekmeel
125ml melk
15 ml appelkoos konfyt (30ml sal nie 'n sonde wees nie ;-) )
5ml koeksoda (bi-carbonate of soda)
15ml asyn
Sous
250ml room
125ml suiker (tradisioneel 250ml)
125ml kookwater
7ml vanieljegeursel
#kosmeesterkortes #malvapoeding #afrikaanseresepte
Ещё видео!