Gilroy se bierbrouery in Muldersdrift, Johannesburg, is aangewys as die beste Britse restaurant buite Brittanje. Dié mikro-bierbrouery se eienaar en bierbrouer, Steve Gilroy, was nie eers bewus dat sy restaurant aan dié internasionale kompetisie deelgeneem het en dat 'n allemintige 1000 mense vir die restaurant gestem het nie. Die kompetisie, Best of British, word elke jaar deur die Daily Telegraph in Engeland gehou. Snaaks genoeg het die klein restaurant en bierbrouery ook in 2010 die kompetisie gewen en Gilroy se bier is deur Diner's Club aangewys as die beste bier in die Suidelike-halfrond.
Ещё видео!