Regiment Sersant Majoor James Teitge praat met ons oor sy 37.5 jaar in Suid Afrikaanse Spesmagte. Hy was die langsdienende lid in Spesmagte se geskiedenis wat begin het in 1978 in 1 Recce, toe 5 Recce, en later by HK tot sy aftrede in 2014. James Teitge was die RSM van 5 Recce en ander plekke. Hy vertel ons oor 5 Recce se onstaan en soveel meer, bv hoe die Rhodesieses SAS ingeskakel het by 1 Recce of nie. Dat geen nie-Suid Afrikaner in Spesmagte gevind sal word nie – is dit goed of sleg? Wat verwag ‘n Spesmagte spanleier van sy mense? Wat is Sammajoor Teitge se opinie oor VSA spesmagte, Navy Seals en Green Berets. Hoe lyk Spesmagte vandag? Die eerste drie episodes is in Afrikaans, die res in Engels – kyk asb na hulle ook – dis nie dieselfde nie. As julle vrae het, los dit hieronder, en ons sal daarna kyk om te antwoord. Teken in en aktiveer die klokkie asb om outomaties ingelig te word van nuwe episodes.
Links:
Sponsor - www.georgemjames.com
Website - www.legacy-conversations.org
Ещё видео!