2024-12-15
OGGENDDIENS – Dr Wim Vergeer
Skriflesing: Lukas 1:26-56
Teksvers: Lukas 1:43
Tema: Waaraan het ek dít te danke?
Daar is mense wat meen dat ons nie Kersfees moet vier nie. Hulle wys daarop dat die datum van Jesus se geboorte onseker is, en dat Jesus ook nooit beveel het dat ons sy verjaarsdag moet vier nie. Maar hoe kan ons dan nie bly wees en fees vier oor die geboorte van ons Verlosser nie! In ons Skrifgedeelte vind ons die eerste feesviering oor Jesus se geboorte - en dit nogal vóór Hy gebore is! Met vreugde wat die Heilige Gees in haar bewerk, roep Elisabet uit: “Waaraan het ek dít te danke dat die moeder van my Here na my toe kom”. Ons ondersoek die rede vir haar vreugde (én ons vreugde) as ons in die preek op die volgende woorde in haar uitspraak let:
a) “ek”,
b) “dit”,
c) “moeder van my Here” en
d) “dank”
Mag die oordenking van sy woord vanoggend blywende verwondering en dankbare Kersvreugde by ons elkeen bewerk.
Kollekte vir Diens van Barmhartigheid en vir GKSA Sustentasie
Snapscan
[ Ссылка ]
Ещё видео!