Die Soft Shoes het in 1983 ontstaan, alhoewel drie van die lede, Jervis Pennington, Roy Bramwell en Tommy Maree op daardie stadium reeds vir ‘n geruime tyd saam in musiekblyspele opgetree het, onder andere in “Mame”, “Bedazzled” (by Sun City), “Razzle Dazzle”, “Something Old, Something New”, “The Elton John Songbook”, en andere.
In 1983 het Darren Magnussen hom by hulle aangesluit, en het die groep ‘n oudisie gedoen vir die talentkompetisie “Follow That Star” wat op televisie aangebied is. Hulle het dan ook die kompetisie gewen en is daarna ‘n plate kontrak toegeken. Hulle eerste vrystelling was ‘n solus sewe van die liedjie “Elvis Astaire (King of swing)” wat deur Jervis geskryf is. Dit het #4 op die SA Top 20 bereik in 1983, en was vir 20 weke op die treffersparade.
Die Soft Shoes het ook drie langspeelplate uitgereik:
1. Soled Out – 1983
2. Itchy Feet – 1984
3. I’m Dreaming Of A Soft Shoes Christmas – 1984
Hulle het gereeld op televisie verskyn in programme soos “Pop Shop”, “Video 2” en “Graffiti”.
In 1985, op die kruin van hulle sukses en gewildheid, het die groep besluit om te ontbind.
Hierdie liedjie is in 1984 vrygestel op die kompilasie album “Potpourri Van Afrikaanse Treffers”. Dis die enigste Afrikaanse liedjie wat die Soft Shoes ooit opgeneem het.
Ещё видео!