Die jongste Racheltjie de Beer-akteur het ’n aangrypende getuienis. Sy aanneemma Ilse Jordaan vertel hoe klein Johannes as drie weke oue baba gered is van ’n gewisse dood. Sy biologiese ma het in ’n plakkerskamp gewoon en was nie in staat om na hom om te sien nie. Ilse se ma Delene Kleyn het van dié baba te hore gekom en was baie onrustig en het mede-kollegas van Shiloh, ’n organisasie wat opheffingswerk in minderbevoorregte gemeenskappe doen, gestuur om te gaan ondersoek instel. Met aankoms het hulle gesien hy is ontwater en baie siek. Hy is na die hospitaal gehaas. Ilse het tydens haar stiltetyd ervaar Johannes is hulle seuntjie en het hom uiteindelik aangeneem.
Vervaardig deur Pop24 in vennootskap met Bybel-media. Stuur 'n e-pos na getuig@lig.co.za en deel ook jou getuienis met ons.
Ещё видео!