Elke aand is daar kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te verskaf nie. Die #Stophonger-projek is daarop gemik om te sorg dat alle kleuters ‘n bord kos inkry.
Daar is tans meer as 8000 kleuters wat deel uitmaak van Solidariteit Helpende Hand se voedingsprojek. Die projek fokus daarop om behoeftige kleuterskole te ondersteun met koopbewyse om kos aan te koop. Om te verseker dat hierdie kleuters genoeg voedsel ontvang, moet Helpende Hand 1,5 miljoen etes hierdie jaar voorsien.
Vanjaar span Helpende Hand en Coleske Artists kragte saam om die #Stophonger-projek op die been te bring. Die projek wil die publiek bewus maak van die dringende behoefte onder ons land se kleuters.
Bekende sangers wat hulle stemme gevoeg het tot die projek is, Patrizio Buanne, die Italiaanse superster, saam met jong Amira Willighagen van Holland. Hulle gaan saam met die plaaslike talent van Touch of Class, sowel as die pragtige Tarryn Lamb, Monique Steyn, die gewilde Corlea, Dewald Wasserfall en Jay probeer om honger te stop.
[ Ссылка ]
Ещё видео!