Op 14 Desember 2024 bring Moira Odendaal en die Drostdy ATKV Tak 'n opwindende en unieke geleentheid na Swellendam.
Swellendam-Q2 - die breinskepping van Moira Odendaal. Met die hulp van die plaaslike ATKV-tak in Swellendam, het die groep hard gewerk om Moira se droom in ‘n feestelike geleentheid te omskep.
Die hoofdoel van Swellendam-Q2 is bewusmaking van Swellendam se historiese trots en geskiedenis. Dit is hier waar Swellendam se verhale en stories hul ontstaan het.
Moira en haar groepie gebruik ‘lewendige standbeelde’ om inwoners en besoekers te herinner aan ‘n ouer tyd, en op te lees oor verhale van weleer.
Die gebruik van ‘lewendige standbeelde’ is ‘n unieke konsep – ‘Mimiekbeelde’ word onder andere in Europa gebruik om eer te bring aan ‘n histories belangrike geleentheid, maar slegs vir vermaakdoeleindes. Swellendam se goue beelde is anders – hul vertel ook stories.
Die Franse verwys na lewendige standbeelte as ‘Tableau Vivant’ of ‘lewendige skilderye’. Mimiekskilderye was veral populêr tydens Middeleeuse en Renaissance feeste. Die ‘Vivants’ was gebruik om koninklikes te verwelkom wanneer hul stede binnegaan het op koninklike besoeke.
Die ‘lewendige geverfde skilderye en standbeelde’ van Swellendam, gedrapeer in skakerings van goud soos koninklikes betaam, maak gereed om Swellendam te vereer op 14 Desember.
Wees deel van ‘n moderne geskiedenisgeleentheid - kom ontmoet Swellendam lewende beelde in Swellengrebelstraat!
Ещё видео!